Newsletter / Blog


2017-10-28
Bokpoort 20- 22 Oktober 2017


Dit was met groot opgewondheid dat 10 van ons opgedaag het by Bokpoort, naby Clarens.Ons was Ernst, Adri, drie Johanne, Clifford, Bronwyn, Ansa, Emil en Sophie.
Akkomodasie was in n groot opstal  waar almal baie gerieflik kon slaap .Dit was seker eers n ou Kerkie wat hulle baie mooi reggemaak het.Almal die aand lekker gebraai en gekuier en almal was opgewonde oor die stap wat voorle.Christo die eienaar was baie behulpsaam en het ons persoonlik kom vertel van die roetes en wat die beste en mooiste roetes is om te stap.
 
Na n goeie nagrus pak ons die 16km roete aan.Dit was besonders mooi aangesien n mens heeltyd op die plato stap en heeltyd die wye vlaktes en berge kon sien.Aan die een kant was die Maluti berge van Lesotho en aan die ander kant die Witteberge/Rooiberge van Suid Afrika.Ons het ook heelwat interessante rotsformasies gesien, diere soos zebras en swartwildebeeste.
 
Terug by die kamp was almal weer baie honger en is daar gebraai en gekuier om die vuur wat binne in die kombuis area was.Lekker snoesig want die wind het kwaai gewaai maar die reens het nie gekom.
 
Sondag is ons vroeg op die pad, party het die 5km gestap en ander die langer 13km.Weereens is ons aangenaam verras.Die wye vlaktes van die Noordoos Vrystaat het ons laat kyk 360 grade in alle rigtings en net skoonheid gesien Wat n gesig.Met n oop gemoed het ons begin terustap net om verbaas te word. n Bande klimleer na n perfekte ronde gat in die sandsteen formasies.n Persoon kan daarin staan.Wat n natuurwonder.Iets om te onthou.
 

Met n stywe opdraande maak ons klaar by die opstal met n gees vernuwe en nuwe vriende gemaak.Beslis n baie aangename stap wat ek sal aanbeveel want n mens sien baie en dis n stap waar n mens lekker kan gesels en kuier.Nie te moeilike nie maar het sy uitdagings.


Back Back to top