Newsletter / Blog


2017-08-10
PITKOS


Ons vergeet dikwels dat mense in die Bybelse tyd nie ander vervoermiddele gehad het, behalwe om per donkie of te voet te stap nie.  Daarom kon hulle nie in die nag reis nie, want daar was maar skurke en rowers soos vandag.  In die dag is Palestina warm en droog.  Dit was moeilik om te reis en as jy by jou bestemming aangekom het was daar slawe wat jou voete met koue water gewas het.

Dit was dan ook die vyf kanne “voetwater” wat by die bruilof in Kanan te Galelia gestaan het en  wat handig  naby genoeg was, om wyn van te maak.  Uitstekende Cabernet  Sauvignon wat al die gaste onverwags verras het  Hierdie wonderwerk vertel die storie dat in God se hand, enige iets soos  selfs voetwater handig en benutbaar kan wees.  Jy ook.

Tog het die wandelinge op stofpaaie en oor wye en soms bergagtige dele ook voordele ingehou.  Behalwe vir die rustigheid wat dit meegebring het, het dit ,anders as vandag, ook tyd vir nadenke en bepeinsing gebring.  Dit is mos die wonder van stap dat jy die hele tyd met jouself kan gesels (Soms hardop tot verbasing van ander).

Reis vir ‘n oomblik saam met Jesus en die dissipels, beleef hoe hulle kon gesels en lag en uitvra.  Gesprekke wat waarskynlik hulle lewe verander het. Die voorreg om te kon vrae vra en Homself te hoor oor kwellende kwessies.  As dit jy was wat sou jy Hom wou vra?? Wat sê U meester oor die kerk wat verskeurd is of oor Gay’s - moet ons hulle onder die klippe steek of U het soveel empatie met mense.  Self die vrou wat wat gevang is met owerspel, sy kry by U genade! Wat moet ons nou maak Here?
Baie mense onderneem pelgrimstogte.  Hulle stap by die duisende, die bekende Camino de Santiago in Spanje.  Aandelemakelaars, hoof finansiële beamptes, huisvroue, boere, kerkleiers -op soek na gesprek met hulleself en God.  Mense vertel hoe verreik hulle teruggekom het, hulleself ontdek het, alles in gesprek.  Maar die antwoord lyk my lê by gesprek met jouself.  Dit waarvoor jy nie tyd kry in die ratrace van die lewe nie.

Iemand skryf hieroor: “All the answers are within us, but such is our tendency towards forgetting that we need to venture to a faraway land to tap our own memory.  Our intuitive self has shut down; our light into the transcendent has gone out. Pilgrimage holds out the promise of personal contact with the sacred.”
Ons kan sekerlik nie almal Spanje toe gaan nie.  Ons het waarskynlik ook nie nodig om sover te reis nie.  Maar dat ons ‘n reis na binne moet onderneem is belangrik, want jy lieg nie maklik vir jouself nie.  Partykeer is dit ’n stap lang die see, of om in die bos te stap, maar stap met God is onvermydelik.  Die verskil tussen ‘n erediens en stap is dat jy jou eie stem hoor, jou eie angs jou eie vrae en die belangrikste is die stilte.  Ons is so bang om stil te word.  Stiltes bedreig ons.  Daarom verkies ons die musiek hard, die geselskap luitdrugtig.  Want dan hoef ons nie na onsself te luister nie.

Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan.  Langs die pad het Hy vir sy dissipels gevra; “wie se die mense is Ek?”   (Markus8:27)

Aanhalings uit :  Boodskap vir Vandag: C Anthonissen)    

 
Piet Marais 083 259 0023
LEEF KERK!
 
Belangrike datums:
13 Augustus     Erediens
Prediker:  Ds Piet Marais
Junior Geloofsvorming - Oggend
Senior Geloofsvorming - Aand
 
16 Augustus  
 Kerkraadsvergadering 18:00


 
27 Augustus - Gemeente ete
Potjiekos

Kaartjies is by die deure beskikbaar.
R40 Volwassenes
R20 kinders onder 12 jaar

Wil jy deel word van 'n Kleingroep?  
Kom meld aan by die Kerkkantoor.  
Ons wil met 'n 40 dae reis begin.
Word deel van die gemeentereis!
Belangrike terugvoering oor ons nuwe gemeente
  1. Die nuwe Kerkraadslede is verlede Sondag bevestig.  Baie geluk aan hulle.
  2. Die verkoopsproses van die ou Valhalla-Suid kerkgebou behoort teen einde Augustus sy finale fase te betree.
  3. Die lidmaatregisters van die twee vorige gemeentes moet dan geïntegreer word.
  4. Daarna moet Ds Piet Marais en Dr Hendrik Barnard weer na die gemeente beroep word en weer bevestig word, want dit is 'n nuwe gemeente.

Kom ons reik uit
Baie dankie vir die yskas wat geskenk is!  Dit het 'n groot verskil in iemand se lewe gemaak.
Funksie:  Sonneblomklub
Die Sonneblomklub het op 3 Augustus 2017 heerlik saamgekuier met Chris Coetzer as gasskunstenaar.  Hulle het ook by die geleentheid uitgereik na Uitkoms Tehuis en Irene Huis as gaste.  So Leef ons Kerk!

 

Back Back to top